1 Chronicles 11:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van die drie was hy eerbaarder as die twee; want hy was hulle owerste; maar hy het nie by die eerste drie uitgekom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abisai was die bekendste van die Dertig en was hulle aanvoerder, alhoewel hy nie een van die Drie was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Uit die drie was hy onder die ander twee geëerd, sodat hy hulle owerste geword het; maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het 'n ereplek gehad in die tweede drietal en was hulle aanvoerder, maar een van die driemanskap het hy nie geword nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By die drietal het hy dubbele eer ontvang, en hy was vir hulle 'n aanvoerder; maar hy was nie die gelyke van die drie nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy was die belangrikste van die tweede drie spesiale manne en hy was hulle leier, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was die beroemdste van die Dertigtal en was hulle aanvoerder, al was hy nie een van die Drietal nie. |