1 Chronicles 11:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abísai, die broer van Joab, hy was die hoof van die drie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abisai, die broer van Joab, was die leier van die Dertig. Hy het eenkeer met sy spies 300 soldate van die vyand doodgemaak. Dit was oor sulke kordaatstukke dat hy net so bekend geword het as die Drie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Abísai, die broer van Joab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en 'n naam gehad onder die drie. |
| Afrikaans 1983 | Joab se broer Abisai was die leier van hierdie drie. Hy het met sy spies drie honderd man laat sneuwel. So het hy vir hom onder die drie naam gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abisai, Joab se broer, hy was die hoof van die drietal. Hy het sy vegspies oor driehonderd gesneuweldes geswaai. Hy het vir hom naam gemaak onder die drie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abisai broer van Joab was die leier van hierdie drie manne. Hy het 300 manne doodgemaak met sy spies. Maar hy was nie een van die eerste drie spesiale manne nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abisai, Joab se broer, was die leier van die Dertigtal. Hy het met sy spies 300 man doodgemaak en vir homself naam gemaak onder die soldate. |