1 Chronicles 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En verder, in die verlede, toe Saul koning was, was jy die een wat Israel uitgelei en ingebring het;
Afrikaans (NLV) 2011 Vir ’n lang tyd al, selfs terwyl Saul koning was, was u die een wat in werklikheid Israel gelei het. Die Here u God het vir u gesê: ‘Jy sal die herder vir my volk Israel wees. Jy sal hulle leier wees.’”
Afrikaans 1933/1953 Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit-- en ingelei; en die HERE u God het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor my volk Israel.
Afrikaans 1983 Selfs in die tyd toe Saul koning was, was u tog maar die een wat vir Israel in die oorlog aangevoer het. Die Here u God het vir u gesê: “Jy moet vir my volk Israel 'n herder wees, ja, jy moet heerser oor my volk Israel wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Reeds vroeër, selfs toe Saul koning was, was u die een wat Israel se veldtogte gelei het. Die Here u God het vir u gesê, ‘Jy sal 'n herder wees vir my volk Israel, ja, jy sal 'n leier wees oor my volk Israel.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Saul nog ons koning was, het jy ook vir Israel in die oorlog gelei, en die Here het vir jou gesê: “ ‘Jy moet 'n herder wees vir my volk Israel, jy moet koning wees oor my volk Israel.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroeër, selfs toe Saul nog koning was, was dit tog maar jy wat Israel gelei het. Die Here jou God het vir jou gesê: ‘Jy moet my volk Israel oppas en hulle lei.’”