1 Chronicles 11:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: My God behoed my dat ek hierdie ding sou doen; sal ek die bloed drink van hierdie manne wat hulle lewe in gevaar gestel het? want met die gevaar van hulle lewe het hulle dit gebring. Daarom wou hy dit nie drink nie. Hierdie dinge het hierdie drie die magtigste gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mag God my daarvan bewaar dat ek dit sou drink!” het hy uitgeroep. “Hierdie water is net so kosbaar as die bloed van die manne wat hulle lewe gewaag het om dit vir my te bring.” Dawid het dit nie gedrink nie. Dit is ’n voorbeeld van wat die Drie gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: Mag my God my bewaar, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed van hierdie manne drink? Met lewensgevaar, ja, met lewensgevaar het hulle dit gebring! En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen. |
| Afrikaans 1983 | en gesê: “Mag God my daarvan bewaar dat ek dit sou drink. Sou ek die bloed van hierdie manne ten koste van hulle lewens wou drink? Hulle het dit met lewensgevaar gebring, en ek durf dit nie drink nie.” Dit is wat die drie helde gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en gesê: “Mag my God my daarvan weerhou dat ek dit ooit sou doen! Sou ek die bloed van hierdie manne drink wat hulle lewens gewaag het? Ja, deur hulle lewens te waag, het hulle dit gebring.” Hy wou dit nie drink nie. Dit is wat dié drie helde gedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het gesê: “My God moet keer as ek hierdie water wil drink. As hierdie manne gesterf het toe hulle die water gaan haal het, dan was dit my skuld.” Dawid wou nie die water drink nie, maar dit is wat die drie manne gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het gesê: “Mag God my daarvan bewaar dat ek so iets sou doen! Die water is so goed as dié manne se bloed, hoe kan ek dit drink? Hulle het hulle lewe in gevaar gestel om die water vir my te bring.” Daarom het hy dit nie gedrink nie. Dit is die soort ding wat dié drie helde gedoen het. |