1 Chronicles 11:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die drie het deur die leër van die Filistyne gebreek en water getrek uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit geneem en dit na Dawid gebring; maar Dawid wou nie daarvan drink nie, maar het dit uitgegooi vir die HERE,
Afrikaans (NLV) 2011 Die Drie het toe deur die laer van die Filistyne gebreek, water uit die put van Betlehem wat by die poort was, geskep en dit vir Dawid gebring. Dawid het geweier om dit te drink. Hy het dit voor die Here uitgegiet.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die drie deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit voor die HERE uitgegiet
Afrikaans 1983 Die drie het toe deur die Filistynse kamp geglip en water gaan skep uit die put in Betlehem se poort. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar hy wou dit nie drink nie. Hy het dit as 'n offer vir die Here uitgegiet
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die drie het toe deur die kamp van die Filistyne gebreek en water geskep uit die opgaarput by die dorpspoort van Betlehem. Hulle het dit gedra en vir Dawid gebring. Maar Dawid wou dit nie drink nie, en het dit vir die Here uitgegiet
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die drie manne het tussen die tente van die Filistyne deurgeloop en hulle het water geskep uit die watergat in die poort van Betlehem. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here gegee, dit was 'n drank-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die drie manne het dadelik deur die Filistyne se linies gebreek. Hulle het water uit die put by Betlehem se poort gaan skep en dit vir Dawid teruggebring. Hy was egter nie bereid om dit te drink nie en het dit as ’n offer vir die Here op die grond uitgegooi.