1 Chronicles 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het verlang en gesê: Ag, as iemand my wil laat drink van die water van die put van Betlehem wat by die poort is! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het verlangend gesê: “Ag, hoe wens ek dat ek van die goeie water van die put in Betlehem kan kry, die put by die ingang!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is? |
| Afrikaans 1983 | Dawid het baie dors geword en gesug: “Ag, as iemand my tog net water uit die put in Betlehem se poort kon laat drink!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid was vol heimwee, en het gesê: “As iemand tog net vir my water kon laat drink uit die opgaarput by Betlehem wat by die dorpspoort is!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het dors geword en gesê: “Ek wens iemand bring vir my water uit die watergat in die poort van Betlehem.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het verlangend gesê: “Ek wens iemand wou nou vir my ’n bietjie water uit die put by Betlehem se poort gaan haal!” |