1 Chronicles 11:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid was toe in die vesting, en die wagpos van die Filistyne was toe in Betlehem.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het toe in die bergvesting gaan bly, want ’n deel van die Filistynse leër het Betlehem beset.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.
Afrikaans 1983 Dawid was toe in 'n bergskuiling en die Filistyne het Betlehem beset.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid was op daardie stadium in die bergvesting, en daar was 'n wagpos van die Filistyne in Betlehem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het daardie tyd weggekruip in 'n veilige plek in die berge, en die Filistyne het manne in die stad Betlehem laat bly om die stad op te pas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid was toe in sy vesting en die Filistyne het Betlehem op daardie stadium beset.