1 Chronicles 11:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En drie van die dertig owerstes het afgegaan na die rots na Dawid toe, in die grot van Adullam; en die leër van die Filistyne het laer opgeslaan in die dal Refaim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eenkeer terwyl Dawid naby die grot van Adullam was, het die Filistynse weermag in die Refaimvallei uitgekamp. Die Drie, deel van die Dertig wat Dawid se elitegevegsgroep was, het afgetrek om by hom te wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het. |
| Afrikaans 1983 | Op 'n keer het drie ander van die dertig leiers na Dawid toe gekom by die rots by die Adullamgrot. Die Filistynse kamp was in die Spooklaagte opgeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Drietal van die dertig hoofde het afgegaan na Dawid by die rots, by die grot van Adullam. Die kamp van die Filistyne was opgeslaan in die vallei van Refaïm. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Drie van die 30 leiers het afgegaan na die rots by die Adullam-grot. Dawid was toe daar. Die tente van die Filistyne was in Spook-laagte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n keer was Dawid by die rots naby die Adullamgrot, terwyl die Filistyne in die Refaimvallei kamp opgeslaan het. Drie lede van die Dertigtal het na Dawid toe gegaan. |