1 Chronicles 11:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hulle in die middel van daardie pak gesit en dit oorgegee en die Filistyne gedood; en die HERE het hulle verlos deur 'n groot verlossing. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle het in die middel van die stuk land gaan staan en die Filistyne teruggejaag. So het die Here hulle deur ’n groot oorwinning gered. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy het hom in die middel van die stuk land opgestel en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het. |
| Afrikaans 1983 | het die drie dapper manne binne in die land stelling ingeneem en dit behou. Hulle het die Filistyne verslaan, en so het die Here vir hulle 'n groot oorwinning gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hulle stelling ingeneem in die middel van die land en dit teruggevat. Hulle het die Filistyne verslaan, en die Here het 'n groot oorwinning bewerk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar die spesiale manne het op die stuk grond bly staan en hulle het gekeer, die Filistyne kon nie die grond vat nie. Die spesiale manne het die Filistyne oorwin. Die Here het hulle gered en Hy het hulle laat wen teen al die Filistyne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eleasar-hulle het egter in die garsland stelling ingeneem en die Filistyne teruggedryf. Die Here het hulle gered en vir hulle ’n groot oorwinning gegee. |