1 Chronicles 11:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy was saam met Dawid in Pas-Dammim, en daar was die Filistyne bymekaar om te veg, waar 'n stuk grond vol gars was; en die manskappe het voor die Filistyne gevlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy was saam met Dawid in die geveg teen die Filistyne by Efes-Dammim. Die geveg het plaasgevind in ’n stuk land vol gars, en die Israelitiese soldate het vir die Filistyne gevlug.
Afrikaans 1933/1953 Hy was saam met Dawid by Pas-Dámmim toe die Filistyne daar bymekaar was om te veg; en daar was 'n stuk land vol gars, en die volk het vir die Filistyne gevlug.
Afrikaans 1983 Hy was by Dawid in Efes-Dammim toe die Filistyne daar vir die geveg bymekaargekom het. Daar was 'n stuk land vol gars, en toe die manskappe op die vlug slaan vir die Filistyne,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was by Dawid in Pas-Dammim toe die Filistyne daar vir die geveg byeen was. Daar was 'n stuk land vol gars, en toe die manskappe voor die Filistyne uit vlug,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hy wat by Dawid in Pas-Dammim was toe die Filistyne daar bymekaargekom het om oorlog te maak. Daar was 'n stuk grond vol gars. Die manne van Dawid het gevlug vir die Filistyne,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was saam met Dawid by Pas-Dammim om teen die Filistyne te veg. Die geveg het in ’n garsland plaasgevind en die Israeliete het gevlug.