1 Chronicles 11:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is ook die hoofde van die helde wat Dawid gehad het, wat hulle by hom versterk het in sy koninkryk en by die hele Israel om hom koning te maak, volgens die woord van die HERE aangaande Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die leiers van Dawid se magtigste manne. Hulle was getrou aan Dawid en het hom saam met die hele Israel koning gemaak, net soos die Here vir Israel belowe het.
Afrikaans 1933/1953 En dít was die hoofde van die helde van Dawid wat hom kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele Israel om hom volgens die woord van die HERE koning te maak oor Israel.
Afrikaans 1983 Nou volg iets oor die leiers van Dawid se dapper manne. Hulle was sterk ondersteuners van sy koningskap en saam met die hele Israel het hulle hom op die troon geplaas, soos die Here aan Israel beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hier volg die hoofde van Dawid se helde wat hom tydens sy koningskap kragtig bygestaan het, deurdat hulle, saam met die hele Israel, hom koning gemaak het oor Israel ooreenkomstig die woord van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier is die name van die hoofde van die spesiale manne van Dawid. Hulle het hom gehelp om 'n belangrike koning te word. Hulle en al die Israeliete het vir Dawid koning gemaak. Dit het gebeur soos die Here gesê het oor Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier is iets meer oor die leiers van Dawid se dapper helde. Hulle het saam met die hele Israel besluit om Dawid Israel se koning te maak, volgens die Here se belofte.