1 Chronicles 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat hulle hom uitgetrek het, het hulle sy kop en sy wapenrusting geneem en na die land van die Filistyne rondom gestuur om die tyding aan hulle drekgode en aan die volk te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het sy lyk gestroop van sy wapens en sy kop afgekap. Toe het hulle boodskappers deur die hele land van die Filistyne gestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en die volk bekend te maak.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het hom uitgetrek en sy hoof en sy wapens saamgeneem en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap vir hulle afgode en vir die volk te bring.
Afrikaans 1983 Die Filistyne het hom ook gestroop, sy kop en sy wapens saamgevat en dié in die land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en hulle mense bekend te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hom kaalgestroop en sy kop en sy wapens gevat. Hulle het boodskappers in die land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en die volk te bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het Saul se goed en sy klere gevat, sy kop afgekap en sy wapens in Filistyne-land rondgestuur om die goeie nuus te bring in die tempels van hulle afgode en vir hulle mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Saul uitgetrek en sy kop en sy wapens gevat en dit deur die hele Filistynse gebied rondgestuur. Só het hulle die goeie nuus van hulle oorwinning vir hulle afgode en die res van die volk gaan vertel.