1 Chronicles 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volgende dag, toe die Filistyne kom om die gesneuweldes te stroop, het hulle Saul en sy seuns op die berg Gilboa geval gevind.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende dag toe die Filistyne uitgaan om die gesneuweldes te plunder, vind hulle die lyke van Saul en sy seuns op Gilboaberg.
Afrikaans 1933/1953 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, vind hulle Saul en sy seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa.
Afrikaans 1983 Toe die Filistyne die dag na die geveg die lyke kom stroop, kry hulle Saul en sy seuns daar waar hulle op Gilboaberg geval het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende dag, toe die Filistyne kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns waar hulle op die berg van Gilboa lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne het die volgende dag gekom om die goed en die klere van die dooie mense te vat, en hulle het vir Saul en sy drie seuns op Gilboa-berg gekry, Saul en sy seuns was dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Filistyne het die volgende dag na die slagveld teruggekom om die dooie soldate se lyke te plunder. Daar op die Gilboaberg het hulle toe op Saul en sy seuns se lyke afgekom.