1 Chronicles 10:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe al die manne van Israel wat in die dal was, sien dat hulle vlug en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle hul stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Israeliete in die Jisreëlvlakte sien dat hulle leër gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle stede verlaat en gevlug. Die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe al die manne van Israel wat in die vlakte was, sien dat hulle gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle hul stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete wat in die laagte gewoon het, het gesien dat die manskappe gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is. Hulle het toe hulle stede verlaat en ook gevlug, en die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe al die manne van Israel wat in die vallei was, sien dat hulle gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle dorpe verlaat en gevlug. Die Filistyne het toe gekom en daar gaan woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe die mense van Israel wat in die vallei was, hoor dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul dood is, het hulle uit hulle stede gevlug. Die Filistyne het toe gekom en hulle het in daardie stede gaan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Israeliete wat in die vlakte gewoon het, sien dat die soldate gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle dorpe ontruim en gevlug. Die Filistyne het in die gebied ingetrek en daar gaan woon. |