1 Chronicles 10:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Filistyne het Saul en sy seuns hard gevolg; en die Filistyne het Jónatan en Abinadab en Malkisua, die seuns van Saul, gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistyne het vir Saul en sy seuns ingehaal. Hulle het drie van sy seuns doodgemaak, vir Jonatan, Abinadab en Malkisua. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Filistyne op Saul en sy seuns toegesak. Hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malkisua neergevel |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyne het op Saul en sy seuns se hakke gebly, en die Filistyne het Jonatan, Abinadab en Malkisua, Saul se seuns, neergevel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het ook teen Saul en sy seuns geveg en hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malki-Sua gevang en doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het toe op Saul en sy seuns toegesak en drie van sy seuns, Jonatan, Abinadab en Malkisua, doodgemaak. |