1 Chronicles 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het Saul dan gesterwe weens sy oortreding wat hy teen die HERE begaan het, teen die woord van die HERE wat hy nie bewaar het nie, en ook omdat hy raad gevra het van iemand wat 'n bekende gees gehad het om dit te raadpleeg;
Afrikaans (NLV) 2011 Saul is dood omdat hy ontrou aan die Here was. Hy het nie die Here se opdrag gehoorsaam nie, en het selfs leiding by iemand gaan soek wat geeste oproep.
Afrikaans 1933/1953 En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,
Afrikaans 1983 Saul is dood oor die troubreuk wat hy teenoor die Here begaan het deurdat hy aan die bevel van die Here ongehoorsaam was, en ook deurdat hy raad gevra het by 'n gees
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het gesterf vanweë sy troubreuk wat hy teen die Here gepleeg het, aangesien hy die woord van die Here nie nagekom het nie, en omdat hy boonop by die gees van 'n dooie navraag gedoen en dié geraadpleeg het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het gesterf omdat hy ontrou was aan die Here. Hy het nie gedoen wat die Here vir hom gesê het nie en hy het vir 'n gees gaan vra wat hy moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul is dood, want hy was ontrou aan die Here. Hy het nie gedoen wat die Here gesê het nie en hy het ’n dooie se gees geraadpleeg