1 Chronicles 10:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het klaargemaak, al die dapper manne, en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns weggeneem en hulle na Jabes gebring en hulle gebeente onder die terpentynboom in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het hulle soldate gegaan en die lyke van Saul en sy drie seuns teruggebring na Jabes toe. Hulle het die oorskot onder die eikeboom in Jabes begrawe, en sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans 1933/1953 | het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans 1983 | het die weerbare manne almal gegaan en die lyk van Saul en dié van sy seuns na Jabes toe gebring. Hulle het hulle onder 'n groot boom in Jabes begrawe en daarna sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het al die bekwame manne gereedgemaak en Saul en sy seuns se lyke opgetel en hulle na Jabes geneem. Hulle het hulle beendere onder die terebintboom by Jabes begrawe en sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het al die belangrike manne gereedgemaak en hulle het Saul en sy seuns se lyke geneem en hulle het dit na Jabes gebring. Hulle het die bene onder die groot boom by Jabes begrawe. Daarna het hulle sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle dapper soldate het toe Saul en sy seuns se lyke gaan haal. Hulle het die oorskot na Jabes toe gebring en dit onder die groot boom in Jabes begrawe. Daarna het hulle sewe dae lank niks geëet nie. |