1 Chronicles 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Filistyne het teen Israel geveg; en die manne van Israel het voor die Filistyne gevlug en gesneuweldes op die gebergte Gilboa neergeval.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Filistyne het Israel aangeval, en die manne van Israel moes vir die Filistyne wegvlug. Baie is teen die hange van die Gilboaberg doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.
Afrikaans 1983 Die Filistyne het Israel aangeval. Die Israeliete het vir hulle gevlug, en van die manskappe het op Gilboaberg gesneuwel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Intussen het die Filistyne teen Israel geveg en die manne van Israel het voor die Filistyne uit gevlug; die gesneuweldes het op die berg van Gilboa gelê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne het oorlog gemaak teen die Israeliete. Die manne van Israel het gevlug vir die Filistyne, en die Filistyne het baie Israeliete doodgemaak op Gilboa-berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Filistyne het Israel aangeval en oorwin. Die Israeliete het op die vlug geslaan en baie van hulle soldate is op Gilboaberg doodgemaak.