bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 87
Psalms 87
Afrikaans 1933/1953
1
Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.
2
Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
3
Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.
4
Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filist,a en Tirus saam met Kus -- hierdie een is daar gebore.
5
En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.
6
Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.
7
En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!
← Chapter 86
Chapter 88 →