bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 82
Psalms 82
Afrikaans 1933/1953
1
'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.
2
Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
3
Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
4
Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
5
Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.
6
Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste --
7
nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.
8
Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.
← Chapter 81
Chapter 83 →