bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 8
Psalms 8
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.
2
o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
3
Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
4
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het --
5
wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
6
U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
7
U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
8
skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld,
9
die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. [ (Psalms 8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! ]
← Chapter 7
Chapter 9 →