bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 58
Psalms 58
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig.
2
Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?
3
Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.
4
Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
5
Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,
6
wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.
7
o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!
8
Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.
9
Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.
10
Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.
11
Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. [ (Psalms 58:12) En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel! ]
← Chapter 57
Chapter 59 →