bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 36
Psalms 36
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.
2
In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
3
Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
4
Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat nom verstandig te wees, om goed te doen.
5
Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
6
o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
7
U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
8
Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
9
Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
10
Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
11
Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.
12
Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie. [ (Psalms 36:13) Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie. ]
← Chapter 35
Chapter 37 →