bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 26
Psalms 26
Afrikaans 1933/1953
1
'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want,k wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.
2
Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;
3
want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.
4
Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.
5
Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
6
Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,
7
om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.
8
HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.
9
Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,
10
in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.
11
Maar,k wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.
12
My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.
← Chapter 25
Chapter 27 →