bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 148
Psalms 148
Afrikaans 1933/1953
1
Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!
2
Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!
3
Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!
4
Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!
5
Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee -- en hulle is geskape.
6
En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.
7
Loof die HERE van die aarde af -- groot seediere en alle dieptes!
8
Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;
9
berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
10
wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;
11
konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
12
jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges --
13
laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
14
En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!
← Chapter 147
Chapter 149 →