bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 140
Psalms 140
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2
Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;
3
wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.
4
Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.
5
Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
6
Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.
7
Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!
8
HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!
9
HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.
10
Wat betref die hoof van die wat my omring -- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.
11
Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!
12
Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld -- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.
13
Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig. [ (Psalms 140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon. ]
← Chapter 139
Chapter 141 →