bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 110
Psalms 110
Afrikaans 1933/1953
1
Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
2
U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.
3
U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.
4
Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis,dek.
5
Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.
6
Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.
7
Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.
← Chapter 109
Chapter 111 →