bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Isaiah 12
Isaiah 12
Afrikaans 1933/1953
1
En in die dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.
2
Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.
3
En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
4
En julle sal in die dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!
5
Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde.
6
Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde.
← Chapter 11
Chapter 13 →