bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 95
Psalms 95
Afrikaans (NLV) 2011
1
Kom, laat ons sing tot eer van die Here! Laat ons juig oor die rots van ons redding!
2
Laat ons met lofsange voor Hom kom, Hom met lofliedere besing,
3
want die Here is ’n groot God, die groot Koning bo alle gode.
4
Die dieptes van die aarde is in sy hand, selfs die toppe van die berge is Syne.
5
Die see is Syne; Hy het dit gemaak. Sy hande het die droë grond gevorm.
6
Kom, laat ons aanbid en neerbuig, en kniel voor die Here ons Maker,
7
Hy is ons God en ons is sy volk, die skape onder sy sorg. Ag, dat julle vandag na Hom sal luister!
8
Moenie julle harte verhard soos destyds by Meriba, soos by Massa in die woestyn nie.
9
Daar het julle voorouers My beproef, My getoets, al het hulle my werke gesien.
10
40 jaar lank het Ek ’n afkeer gehad aan hierdie geslag, en Ek het gesê: “Dis ’n volk wat ontrou bly. Hulle ken nie my paaie nie.”
11
In my toorn het Ek ’n eed afgelê: “Hulle sal my rusplek nie binnegaan nie.”
← Chapter 94
Chapter 96 →