bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 82
Psalms 82
Afrikaans (NLV) 2011
1
God staan op in die hemelse vergadering. Tussen die hemelse wesens lewer Hy uitspraak:
2
“Hoe lank nog sal julle onregverdige beslissings vel en die goddeloses bevoordeel? Sela
3
“Laat reg geskied aan armes en wese. Verdedig die saak van die hulpelose en behoeftige.
4
Bevry die armes en die behoeftiges; verlos hulle uit die greep van goddelose mense.
5
Maar hulle weet nie en verstaan nie. Hulle lewe in duister terwyl die fondamente van die aarde skud.
6
Ek het wel gesê: ‘Julle is gode, seuns van die Allerhoogste.’
7
Maar nee! Julle sal sterf soos ’n mens, soos enige maghebber sal julle val.”
8
Kom, o God, en oordeel die aarde, want al die nasies behoort aan U.
← Chapter 81
Chapter 83 →