bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 8
Psalms 8
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Here, ons Here, hoe vol majesteit is u Naam op die hele aarde! U heerlikheid is hoër as die hemele.
3
Kinders en babas besing u lof, want U het dié wat sterk is, bestraf, vyand en wreker stilgemaak.
4
Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het,
5
wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee?
6
U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer.
7
U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge:
8
skape en beeste, alles, en ook die wilde diere van die veld,
9
die voëls in die lug, die visse in die see, en alles wat swem deur die seestrome.
10
Here, ons God, hoe vol majesteit is u Naam oor die hele aarde!
← Chapter 7
Chapter 9 →