bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 79
Psalms 79
Afrikaans (NLV) 2011
1
O God, heidense nasies het gekom, en u eie erfdeel binnegeval. Hulle het u heilige tempel verontreinig en Jerusalem ’n puinhoop gemaak.
2
Hulle het die lyke van u dienaars vir die voëls gegee om te vreet, die vleis van u getroues was kos vir wilde diere.
3
Hulle bloed het soos water rondom Jerusalem gevloei, en daar was niemand om hulle te begrawe nie.
4
Ons is ’n bespotting vir ons bure, verag en gespot deur almal om ons.
5
Hoe lank nog, o Here? Sal U vir altyd kwaad wees? Sal u jaloesie brand soos vuur?
6
Stort u toorn uit oor die nasies wat weier om U te erken en oor koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.
7
Want hulle het Jakob verslind, en sy woonplek verwoes.
8
Moenie die sondes van ons voorouers teen ons hou nie. Ontferm U gou oor ons, want ons is baie mismoedig.
9
God van ons verlossing, help ons, red ons tog ter wille van die eer van u Naam, en vergewe ons sondes ter wille van u Naam.
10
Hoekom sou die nasies spot en vra: “Waar is hulle God?” Laat ons sien hoe U die nasies vergeld weens die bloedvergieting wat hulle oor u dienaars gebring het.
11
Luister na die versugting van hulle wat gevange geneem is. Gebruik u groot krag en red hulle wat die dood in die gesig moet staar.
12
Vergeld ons bure sewe maal, Here, oor die veragting wat hulle teen U geslinger het.
13
Dan sal ons, u volk, die skape van u weiding, U vir altyd dank, en U prys van geslag tot geslag.
← Chapter 78
Chapter 80 →