bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 57
Psalms 57
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Wees my genadig, o God, wees my genadig! Ek soek skuiling by U. In die skaduwee van u vlerke sal ek skuil totdat die onheil verby is.
3
Ek roep tot God die Allerhoogste, tot God wat gereed is om te help.
4
Uit die hemel antwoord Hy en red my; hulle wat my wil vernietig, sal Hy verneder. Sela God sal sy trou en waarheid stuur.
5
Ek is omring deur leeus, tussen bloeddorstige mense wat my wil verskeur. Hulle tande is soos spiese en pyle, hulle tonge so skerp soos swaarde.
6
O God, mag U geprys word ver bokant die hemele, en u heerlikheid besing word oor die hele aarde.
7
Hulle het vir my voete ’n lokval gestel. Ek voel terneergedruk. Hulle het ’n gat voor my gegrawe, maar het self daarin geval. Sela
8
Ek vertrou geheel en al op U. Op U, o God, vertrou ek onwrikbaar. Ek wil lofliedere sing.
9
“Word vroeg wakker!” sê ek. “Harp en lier, word wakker!” Ek wil die dagbreek wakker maak!
10
Voor die volke wil ek U prys, Here, tussen die nasies wil ek u lof besing.
11
Want u trou is hoër as die hemele, u waarheid reik tot in die wolke.
12
Mag U verhewe wees tot bo die hemele, o God, en u heerlikheid erken word oor die hele aarde.
← Chapter 56
Chapter 58 →