bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 43
Psalms 43
Afrikaans (NLV) 2011
1
Spreek my vry, o God! Verdedig my saak teen ’n goddelose volk. Red my van mense wat vals en boos is.
2
Want U, o God, is my veilige skuilplek. Hoekom het U my dan verstoot? Hoekom moet ek rou omdat vyande my verdruk?
3
Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei. Laat dit my bring na u heilige berg, na die plek waar U woon.
4
Ek sal ingaan na die altaar van God, na God, die bron van vreugde en blydskap. Ek sal U loof met die harp, o God, my God!
5
Hoekom is ek so neerslagtig? Hoekom so verontrus? Ek sal op God vertrou! Ek sal Hom weer prys, Hy is my redder en my God!
← Chapter 42
Chapter 44 →