bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 36
Psalms 36
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Die goddelose se opstand kom uit sy hart. Hy het nie ontsag vir God nie.
3
In sy blinde verwaandheid sien hy nie sy sonde om dit te haat nie.
4
Alles wat hy sê, is sondig en vals. Hy is nie verstandig nie en doen nie die goeie nie.
5
Hy beplan kwaad wanneer hy gaan lê. Hy kies ’n pad wat nie goed is nie en verwerp nie die kwaad nie.
6
Here, u goedheid is eindeloos soos die heelal; u trou tot by die wolke.
7
U regverdigheid is soos die hoogste berge, u oordeel soos die diepste waters. U sorg vir mense en diere, Here.
8
Hoe kosbaar is u trou, o God! Die hele mensdom vind skuiling in die skadu van u vleuels.
9
U voed hulle uit die oorvloed van u huis, en laat hulle drink uit strome van vreugde.
10
Want by U is die fontein van die lewe, in u lig sien ons die lig.
11
Laat u goedheid bly by dié wat U erken en u regverdigheid by dié wat opreg is.
12
Moenie dat die hoogmoediges my vertrap nie. Moenie dat die goddeloses my wegdryf nie.
13
Die kwaaddoeners val daar waar hulle is, hulle word neergegooi en kan nooit weer opstaan nie.
← Chapter 35
Chapter 37 →