bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 26
Psalms 26
Afrikaans (NLV) 2011
1
Laat aan my reg geskied, Here, want ek was opreg in my doen en late. Ek het op die Here vertrou sonder om te twyfel.
2
Toets my, Here, en ondervra my. Ondersoek my motiewe en my toegeneentheid.
3
Want ek is gedurig bewus van u liefde; ek het volgens u waarheid gelewe.
4
Met leuenaars gaan ek nie om nie; met skynheiliges gaan ek nie saam nie.
5
Ek verag die byeenkoms van bose mense, en by die goddeloses sit ek nie.
6
Ek was my hande as teken van my onskuld en verskyn voor u altaar, Here,
7
terwyl ek ’n danklied sing en vertel van al u wonders.
8
Here, u woonplek het ek lief, die plek waar u heerlikheid woon.
9
Moenie my saam met sondaars wegvee nie. Moenie dat ek saam met moordenaars omkom nie.
10
Hulle hande is gevul met bose planne, hulle regterhande vol omkoopgeld.
11
Maar ek lewe in opregtheid; red my en wees my genadig.
12
My voete staan vas op gelyke grond. Daarom prys ek die Here in die vergadering.
← Chapter 25
Chapter 27 →