bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 20
Psalms 20
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Mag die Here, in tye van nood, antwoord op jou roepstem. Mag die Naam van die God van Jakob jou beveilig teen gevaar.
3
Mag Hy jou te hulp snel uit die heiligdom, en uit Sion jou versterk.
4
Mag Hy dink aan al jou graanoffers, en jou brandoffers gunstig aanvaar. Sela
5
Mag Hy jou hartsbegeertes vervul, en al jou planne verwesenlik.
6
Mag ons juig oor u oorwinning, en baniere hys in die Naam van ons God. Mag die Here al jou gebede verhoor.
7
Nou weet ek: die Here red sy gesalfde koning. Vanuit sy heilige hemel verhoor Hy hom en red hom deur sy groot mag.
8
Sommige volke vertrou op strydwaens en perde, maar ons vertrou op die Naam van die Here ons God.
9
Daardie volke sal val en ineenstort, maar ons sal opstaan en regop staan.
10
Gee tog oorwinning aan ons koning, Here! Mag die Here antwoord wanneer ons na Hom roep.
← Chapter 19
Chapter 21 →