bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Job 35
Job 35
Afrikaans (NLV) 2011
1
Elihu het verder gesê:
2
“Dink jy dit is reg om te sê: ‘Ek is regverdig voor God’?
3
Tog het jy ook gevra: ‘Wat help dit om reg te lewe? Wat kan dit my baat om nie te sondig nie?’
4
“Ek sal jou en al jou vriende antwoord.
5
Kyk op in die lug, sien die wolke hoog bokant jou raak.
6
As jy sondig, hoe raak dit Hom? Selfs as jy aanhou om weer en weer sonde te doen, wat doen dit aan Hom?
7
Of as jy reg optree, wat beteken dit vir Hom? Wat kan jy vir Hom gee?
8
Jou sondes raak net die mense soos jy en jou goeie dade beïnvloed net ander mense.
9
“Mense roep om hulp onder hulle swaar verdrukking. Hulle kreun onder die mag van die sterkes.
10
Tog vra hulle nie: ‘Waar is God, ons Maker, die Een wat ons ’n lied laat sing in die nag?
11
Waar is Hy wat ons meer geleer het as vir die diere en ons slimmer gemaak het as die voëls?’
12
Mense roep om hulp en Hy antwoord nie weens hulle boosheid en hoogmoed.
13
Maar dit is verkeerd om te sê God luister nie, die Almagtige gee nie om nie.
14
Dit is nog meer vals om te sê Hy sien nie wat aangaan nie. Hy sal geregtigheid laat geskied as jy net sal wag.
15
Maar roep jy uit teen Hom omdat Hy nie in woede reageer op sondaars nie en nie weet van boosheid nie?
16
Job, jy het tevergeefs geprotesteer. Jy het gepraat soos ’n dwaas.”
← Chapter 34
Chapter 36 →