bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Jeremiah 47
Jeremiah 47
Afrikaans (NLV) 2011
1
Die Here het ’n boodskap vir die profeet Jeremia oor die Filistyne gegee. Dit was nog voor die farao vir Gasa aangeval het.
2
Die Here sê: “’n Vloed kom uit die noorde, ’n stroom wat alles oorspoel. Dit oorspoel die land en vul alles daarin, dorpe en inwoners. Die mense sal uitroep. Al die inwoners van die land sal weeklaag.
3
Hoor die geluid van perdehoewe, die gedreun van strydwaens wat verbyjaag. Vaders draai nie eers om na hulle kinders nie want hulle kan hulle nie red nie.
4
Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei. So ook Tirus en Sidon, hulle bondgenote, wat sou kon help. Want die Here vernietig die Filistyne, hulle wat oorspronklik van Kreta af kom.
5
Die mense van Gasa gaan vernietig word. Askelon is klaar verwoes. Mense wat in die kusvlakte oorgebly het, hoe lank sal julle julleself nog pynig?
6
“Swaard van die Here, hoe lank nog voor jy weer tot rus kom? Gaan terug in jou skede! Kom tot rus en raak stil!
7
Maar hoe kan dit stil wees as die Here beveel het om Askelon en die kusvlakte aan te val?”
← Chapter 46
Chapter 48 →