bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Isaiah 64
Isaiah 64
Afrikaans (NLV) 2011
1
As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom! Hoe sal die berge nie bewe in u teenwoordigheid nie!
2
Kom soos ’n vuur wat hout laat brand en water laat kook, kom tog en maak Uself bekend aan u vyande. Dan sal die nasies voor U bewe!
3
Toe U lank gelede afgekom het, het U ontsagwekkende dinge gedoen, wat ons nie verwag het nie, en die berge het voor U gebewe.
4
Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesien soos U, wat doen wat U doen vir dié wat op U vertrou nie.
5
U help mense wat met blydskap doen wat U beveel, wat u weë onthou. Maar ons het aangehou om verkeerd te doen. U was kwaad vir ons. Hoe kan ons ooit gered word?
6
Voor U het ons almal geword soos iemand wat onrein is. Ons beste dade is soos vuil klere, soos verskrompelde blare. Deur ons sondes waai die wind ons weg.
7
Niemand roep na U om hulp nie, niemand soek sy sterkte in U nie. U het u gesig vir ons verberg, U laat ons vergaan onder die las van ons sondes.
8
Tog, Here, is U ons Vader. Ons is soos klei en U is die Pottebakker. Deur u hand is ons almal gevorm.
9
Here, moet tog nie kwaad wees vir ons nie. Moenie ons sondes vir altyd teen ons hou nie. Ons bid tot U: Sien ons tog raak. Ons almal is tog u volk!
10
U heilige stad het ’n woestyn geword. Sion is ’n woesteny, Jerusalem is soos ’n verlate woestyn.
11
Ons heilige en glorieryke tempel waar ons voorouers U aanbid het, is afgebrand. Alles wat vir ons kosbaar was, is vernietig.
12
Raak die dinge U dan nie, Here? Gaan U doodstil bly? Sal U aanhou om ons te laat ly, ons te kasty bo ons vermoëns?
← Chapter 63
Chapter 65 →