bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Isaiah 12
Isaiah 12
Afrikaans (NLV) 2011
1
Op daardie dag sal jy sing: “Ek prys U, Here! U was kwaad vir my, maar U is nie meer nie. Nou troos U my.
2
God het my kom red. Ek vertrou op Hom. Ek is nie meer bang nie. Die Here, die Here is my krag en my lied. Hy het my kom red.”
3
Met blydskap sal julle drink van die fonteine van redding!
4
In daardie dag sal julle sing: “Dank die Here! Prys sy Naam! Vertel die wêreld wat Hy gedoen het. Vertel vir almal dat Hy groot is.
5
Sing vir die Here, want Hy het heerlike dinge gedoen. Laat almal in die wêreld dit hoor.
6
Jubel en juig, inwoners van Jerusalem! Want groot is die Heilige Een van Israel. En Hy woon tussen julle!”
← Chapter 11
Chapter 13 →