bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 87
Psalms 87
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Jerusalem, die stad van God, staan op die heilige berg.
2
Die Here het Jerusalem baie lief; liewer as enige ander plek.
3
Die mense praat met groot lof van jou, o stad van God.
4
Die hele wêreld weet van jou: Egipte, Babel, Filistea, Tirus, tot doer ver in Etiopië. Hulle sal van Jerusalem sê: “Daar is ons geboorteplek. Ons behoort nou aan die stad.”
5
Hulle sê van Sion: “Daar is ons almal gebore. God, vir wie niks onmoontlik is nie, sorg self vir hierdie stad.
6
As die Here deur die lys volke gaan, sal Hy sê: “Hierdie en daardie een is kinders van Jerusalem.”
7
As hulle dans en sing, sal hulle bly uitroep: “My lewe begin en eindig in jou, o Jerusalem.”
← Chapter 86
Chapter 88 →