bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 85
Psalms 85
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
U het u kinders baie lief, Here. U seën hulle land. Daarom het U hulle slegte omstandighede weggevat. Hulle lewe het weer nuut begin.
3
Al die dinge wat hulle in die verlede verkeerd gedoen het, tel glad nie by U nie. U het al hulle sondes vergewe asof hulle dit nooit gedoen het nie.
4
U is nie meer kwaad nie. U gaan hulle nie straf nie.
5
God, verander tog ons omstandighede. Kry ons weer jammer. U is die Een wat ons vrymaak. Moenie meer vir ons kwaad wees nie.
6
U kan mos nie altyd vir ons kwaad bly en oor geslagte heen woedend wees nie.
7
Help ons om weer nuut te begin lewe sodat u kinders vrolik en bly kan wees.
8
Laat ons u groot liefde beleef. Bevry ons tog.
9
Dit is ’n baie ernstige saak as God, die Here, praat. Wat Hy sê, bring vrede vir die mense wat dit doen. Maar daar is ’n voorwaarde: hulle moet net nie weer verkeerde dinge aanvang nie.
10
Die Here maak mense vry wat Hom dien. Hy help hulle wat Hom aanbid, en gou ook. Hy red hulle. Almal hier rondom ons sal dit sien.
11
’n Paar dinge hoort bymekaar: troue liefde en gehoorsaamheid aan God kan nooit van mekaar losgemaak word nie. Om dinge te doen soos die Here wil hê, en om sy vrede te ken hoort ook saam.
12
Mense moet getrou wees. Dan sorg die Here van sy kant af uit die hemel dat dinge reg loop.
13
Dit is net soos met ’n goeie oes: die Here gee goeie reën op die vrugbare grond wat goed bewerk is. Dan lewer die land ’n groot oes.
14
Die goeie dinge wat die Here doen, loop voor Hom uit. Die reg wat Hy doen, is sy voetstappe.
← Chapter 84
Chapter 86 →