bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 8
Psalms 8
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is. Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring.
3
Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin, deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms. U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word.
4
As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om?
5
En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie! Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik.
6
U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde.
7
U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het.
8
[8-9] Veral die diere is van hom afhanklik - die vee, wilde diere, voëls en visse.
9
***
10
Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!
← Chapter 7
Chapter 9 →