bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 79
Psalms 79
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
God, ongelowiges het dit wat aan U behoort, verwoes. Wat vir U en u kinders kosbaar is, u blyplek, het hulle sonder enige eerbied platgeloop. Vreemdes het Jerusalem in ’n ashoop verander.
2
Hulle het u kinders doodgemaak en net so laat lê. Die voëls en roofdiere het hulle kom opvreet. U kinders is by die hope doodgemaak sonder dat hulle begrawe is.
3
Die mense wat U dien se bloed het in strome rondom Jerusalem gevloei. Daar was niemand wat die lyke kon begrawe nie.
4
Almal wat om ons bly, het hierdie vernedering gesien. Hulle het ons gespot. Hulle jou ons uit.
5
Hoe lank gaan U nog u woede op ons laat afkom, Here? Gaan dit altyd aanhou? Dit bring baie pyn. Dit brand soos ’n vuur wat niemand kan doodkry nie.
6
Wees eerder kwaad vir hulle wat U nie ken nie. Tref eerder die nasies wat nie na U kom nie.
7
Hulle het u kinders kom doodmaak en die plek waar ons bly met die grond gelykgemaak.
8
Moet ons nie straf vir die verkeerde dinge wat ons oupas en oumas gedoen het nie! Maak gou en kom vou ons toe met u liefde, want ons krag is op. Ons is baie swak.
9
Help ons tog, God! Dit is net U wat ons kan verlos. U goeie Naam is ook op die spel. Vat al ons sondes weg sodat u goeie Naam nie gespot word nie.
10
Want die mense wat U nie dien nie, spot met ons. Hulle sê: “Waar is daardie mense se God dan?” Straf daardie spul wat u kinders doodgemaak het. Betaal hulle in eie munt terug terwyl ons toekyk.
11
Luister tog na al die klagtes van u kinders wat oorgebly het. Hulle is nou gevangenes. Red hulle met u groot krag sodat hulle kan leef.
12
Maar betaal daardie mense terug wat met U gespot het. Betaal hulle dubbel en dwars terug daarvoor.
13
Ons is u kinders, Here. Ons is soos skape en U is ons herder. U sorg vir ons. Ons sal U altyd prys. Ons en ons kinders sal U loof.
← Chapter 78
Chapter 80 →