bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 67
Psalms 67
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
Mag God sy hart vir ons oopmaak en vir ons voorspoed gee. Mag Hy self kom om ons te red.
3
Almal op aarde moet sien hoe groot en goed U is. Volke wat U nie ken nie, moet besef dat U mense red.
4
God, al die volke moet U prys. Hulle almal moet u Naam saam prys.
5
Volke wat U nie ken nie, sal bly wees en juig omdat U regverdig teenoor hulle optree. U heers oor al die volke op aarde. En U lei alle mense.
6
God, al die volke moet U prys. Hulle almal moet u Naam saam grootmaak.
7
Op die landerye staan daar goeie oeste. God is ons God. Hy gee vir ons voorspoed.
8
God gee vir ons voorspoed. Mense uit alle uithoeke van die aarde moet dit sien. Dan sal hulle Hom eer.
← Chapter 66
Chapter 68 →