bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 60
Psalms 60
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
***
3
God, U het ons van U af weggestoot! U het ons in stukke geskeur toe U baie kwaad vir ons was. Maak asseblief weer soos voorheen die lewe vir ons mooi.
4
U het die hele wêreld rondom ons uitmekaargeskud. U het ons hele lewe uitmekaar laat val. Wil U nie al die stukkende dele weer bymekaarsit nie? Maak ons weer heel. Ons is moedeloos.
5
U het u kinders die harde kant van die lewe laat sien. Ons was soos dronk mense wat rondgeslinger het.
6
U beskerm almal wat by U kom wegkruip. U spaar almal wat U dien se lewe. U beskerm hulle teen hulle vyande.
7
Red nou al u kinders met u groot krag. U het ons lief. Red ons!
8
Daar uit die plek waar Hy aanbid word, het God vir sy kinders gesê: “Daar is baie plekke in die land wat Ek vir julle sal gee.
9
Die hele land is Myne. Ek het vir julle elkeen plek gemaak. In Juda se gebied bly die koning.
10
Ook die gebiede rondom julle is Myne om daarmee te maak wat Ek wil. Ek het mag oor julle bure, Ek regeer oor hulle.”
11
Die Here se kinders het gesê: Daar is niemand wat ons kan help om ons vyande te verslaan nie. Hulle bly in sterk stede.
12
God, U het ons van U af weggestoot. God, U lei en beskerm ons soldate nie meer nie.
13
Help ons teen ons vyande. Om op mense te vertrou help ons nie.
14
As die Here ons help, is ons aan die wenkant. Hy sal met ons vyande afreken.
← Chapter 59
Chapter 61 →