bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 6
Psalms 6
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
Here, moet my nie straf as U kwaad is nie; moet my nie slaan as U woedend is nie.
3
Wees goed vir my, Here, want ek word al hoe swakker. U moet my asseblief gesond maak, Here, want my liggaam is besig om in te gee.
4
Ek is lam van moedeloosheid. Wat gaan U hieraan doen, Here? Hoe lank gaan dit nog so aanhou?
5
Draai na my toe om, Here! Red my van hierdie swaarkry! U het tog u kinders baie lief.
6
Mense wat dood is, kan U mos nie meer onthou nie. Onder die grond tussen die dooies is dit doodstil. Niemand prys U meer daar nie.
7
Ek kan nie meer huil of kla nie; my kragte is op. In die nag huil ek my kussing nat. My hele bed is later nat van die trane. Al die pyn en hartseer maak my gedaan.
8
Ek is moedeloos. Daardie spul wat niks van my hou nie, tap al my kragte.
9
Julle wat my so sleg behandel, gee pad! Die Here luister na my gebed wanneer ek huil.
10
Die Here het gehoor toe ek huilend by Hom pleit. Hy aanvaar my gebed.
11
Daarom help Hy my. Almal wat niks van my hou nie, sal in die skande kom. Hulle sal vinnig en vol skaamte van my af padgee.
← Chapter 5
Chapter 7 →