bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 43
Psalms 43
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Sorg asseblief dat ek reg behandel word, o God! Maak soos ’n regter in die hof: hy verdedig onskuldige mense teen ’n klomp boewe. Beskerm my teen oneerlike skelms wat my mishandel.
2
By U voel ek veilig, God. U beskerm my. Maar hoekom los U my nou alleen? U verwerp my. Hoekom moet ek hartseer rondloop omdat my vyande my laat swaarkry?
3
Maak my lewe vol met u lig. Wys my wat reg en goed is. Help my. U gee tog om vir u kinders. Wys vir my wat om te doen. Sit my voet op die regte pad sodat ek U weer voluit kan dien. En bring my terug na u woonplek toe.
4
Ek wil U aanbid, God. U maak my hart altyd bly. God, ek wil u Naam prys. U is my God! Ek loof U met musiekinstrumente.
5
Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God. Ek gaan Hom loof, al kry ek swaar. Dit is Hy wat my uit my swaarkry red. Hy is my God.
← Chapter 42
Chapter 44 →