bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 36
Psalms 36
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
Slegte mense se lewe word deur slegte dade regeer. Hulle steur hulle nie aan God nie.
3
Hulle dink baie van hulleself, en praat heeltyd oor hoe goed hulle is. Hulle floreer om kwaad te doen en mense te haat.
4
Lelike woorde gly oor hulle lippe; hulle het g’n idee hoe om goed te doen aan ander nie. Hulle weet nie wat dit is om slim genoeg te wees om ander mense goed te behandel nie.
5
Snags lê hulle wakker om slegte dinge uit te dink. Hulle loop op ’n pad wat nie goed is nie. Hulle hou van die slegte. Sonde is hulle kos: heeldag, elke dag.
6
Here, U is baie lief vir ons, niemand op aarde kan dit ooit meet nie. Here, U is so goed vir ons, niemand het genoeg woorde om dit te beskryf nie.
7
Here, U tree altyd regverdig op. Here, wanneer U praat, is dit altyd regverdig teenoor ons as mense. U hou alles wat leef styf in u hand vas. Elke mens, elke dier leef uit u goedheid.
8
God, niemand kan sonder u goedheid leef nie. U pas almal op wat by U kom wegkruip.
9
U liefde vloei soos ’n rivier oor ons hele lewe. U gee vir ons meer as wat ons nodig het. U is baie goed vir ons.
10
U is ons lewe. U is die lig wat ons lewenspad verlig.
11
God, U moet asseblief nooit ophou om lief te wees vir al u kinders nie, dié mense wat U as God erken en reg voor U lewe.
12
Keer dat hoogmoedige mense my rondstamp. Keer dat sondaars my uit u hand ruk.
13
Slegte mense kom altyd sleg daarvan af by U; op die ou end bly daar niks van hulle oor nie. Hulle bly lê.
← Chapter 35
Chapter 37 →